Klein-Agent
Goeiedag liefste Klein-vriend(in)!
Baie dankie vir jou belangstelling in Klein! Die tyd het aangebreek om jou deel van ons dinamiese span te maak en daarvoor is jy op net die regte plek. Klein het sommer vinnig nes geskrop in talle huishoudings, harte en handsakke reg oor Suid-Afrika Ons produkte sal verseker ‘n groot aanwins wees vir jou familie, huis-winkel of besigheid, dit sal jou rakke optooi en natuurlik ook sorg vir sommer baie bederf met meer as 400 produkte in 20+ gewilde geure.
Ons produkte is uniek en alles, van die produksie tot die pak van elke bestelling, word altyd gedoen met ‘n KLEIN bietjie ekstra liefde…
As ‘n Klein-Agent kry jy 20% afslag op alle produkte. Daar is geen beperking per dorp/streek nie, want by Klein werk ons almal lekker saam en ons glo daar is vir elkeen ‘n plekkie in die son. Maak asseblief seker jy laai ook die nuutste Klein Katalogus af om meer te leer oor Klein en ons produkte. Die “Katalogus”- skakel is bo aan die tuisblad, op die webblad beskikbaar.
Maak asseblief seker jy voltooi die registrasievorm (hier onder) volledig. Indien jy nie ‘n besigheid het nie kan jy net “privaat” insit. Tydens die registrasieproses gaan jy ‘n paar e-posse van ons af ontvang:
- Die eerste een is om te bevestig dat ons jou registrasievorm ontvang het.
- Die registrasiefooi beloop R480 en jy gaan ‘n registrasie-geskenk pakkie ontvang in die pos wat ons gaan stuur sodra jou registrasie afgehandel is.