Dames Maandboks-Klub
Is jy reg om elke maand bederf te word? Klein se eksklusiewe Dames Maandboks-Klub.
Registreer NOU!
Raak nou deel van Klein se grootste bederf-klub en kry elke maand ‘n heerlike dames bederf-boks propvol verrassings!
- Elke maand word jy verras met ‘n boks vol bederf en soms splinternuwe produkte wat nog vrygestel moet word!
- Dit is soos om elke maand te verjaar!
- Sommige maande ontvang jy ook produkte wat eksklusief NET beskikbaar is in die maandboks!
- Gebruik sommer ook af en toe van die produkte wat jy in jou maandbokse kry as geskenke! Nie dat enige een van ons iets wil weggee nie, maar so het jy altyd ietsie byderhand om ‘n geskenkie mee op te maak.
Aansluiting
Vul asseblief ons Debietorder Registrasievorm in sodat ons jou Klein Maandboks elke maand kan stuur en jy sommer lekker baie kan spaar! Maandbokse word vir die maand vooruit betaal en sal voor die einde van die betrokke maand afgelewer word.
LW. Die maandbokse word uitgewerk met 12 bokse (12 maande) ingedagte. Maak asseblief seker jy verstaan dit wanneer jy registreer (Dat daar dus vir 12 maande, elke maand ‘n Debietorder sal afgaan by jou rekening). Daar sal ongelukkig ‘n kansellasiefooi van R450 gehef word (waarvoor jy nie ‘n boks gaan kry nie) sou jy voor dit wil kanselleer.
Sou jy na die 10de van ‘n maand registreer, sal jou subskripsies en dus jou eerste boks die daaropvolgende maand s’n wees en nie die een waarin jy registreer nie.
Laat die GROOT bederf begin!
Dames Maandboks - Debietorder Registrasievorm
"*" indicates required fields






